Sondag 02 Junie 2013

Benadering van Taalstrukture en -Konvensies

Die belangrikste ding om te onthou met die aanleer van 'n taal is dat die taal gebruik moet word. Dit geld vir beide HT en EAT. Daarom moet taalleer die kind instaat stel om tekste in konteks te kan skep. Ons fokus  so dikwels net op die taaloefeninge se geisoleerde sinne, maar in werklikheid sal dit die kind meer help as ons die wyse verduidelik waarop sinne gestruktureer is in 'n volledige teks soos 'n storie, brief en opstel, wat die kind lees en skryf. Dit is daarom ook belangrik dat ons taalvorme met funksies verbind, byvoorbeeld beskrywende woorde met 'n beskrywende opstel of die verlede tyd met 'n verslag. Dieselfde geld vir taalstrukture. Dit beteken dat ons as onderwysers moet belê in betekenisvolle aktiwiteite wat die kind help om die taal te leer gebruik. Hiermee sê ek nie dat kinders nie taaloefeninge moet doen nie en ook nie dat ons as onderwysers nie tyd moet bestee aan taal en die onderrig daarvan nie; ek bedoel net dat die onderrig nie moet stop by die taaloefening nie, maar verder gevat moet word.

Saterdag 01 Junie 2013

Die 3 benaderings van taalonderrig: Kommunikatiewe Benadering

Die hele punt van die kommunikatiewe benadering is om die kind bloot te stel aan die taal. Hy moet dit dus hoor en sien en dit moet lei daartoe dat die kind dit sal kan toepas sosiale praktiese omstandighede. Daarom moet die kind kans kry om dit te oefen in die klas. Dit is ook baie belangrik dat die onderwyser die taal uitstekend modeleer. Steiering (scaffolding) is 'n goeie manier om die kind se self versekering op te bou. Begin elke les deur die klas te betrek waarna die leerders die vaardighede in groeps verband oefen, weer opdeel, die keer in pare en dan laastens doen die kind dit op sy eie, maar is volledig toe gerus.

Onthou: lees word verbeter deur meer te lees, so ook raak die praat van 'n taal beter hoe meer jy dit praat!

Die 3 benaderings van taalonderrig: Teksgebaseerde Benadering

Dit klink baie moeilik maar is eintlik iets wat ons almal doen in ons klasse en die kinders aanmoedig om te doen. Die teks gebaseerde benadering fokus op hoe verskillende tekste werk. Dit beteken dus byvoorbeeld om te verstaan hoe 'n epos werk en hoe dit verskil van 'n sms. Dit het ten doel om leerders in staat te stel om vaardige, vrymoedige en kritiese lesers, skrywers, besigtigers en ontwerpers van tekste te word. Die samestelling van verskillende tekste vorm die rugsteun van hierdie benadering.

Ons leer reeds leerders om te beplan voor hulle 'n geskrewe taak skryf en ook om hul werk te edit. Hierdie benadering onderskryf en moedig presies dit aan!


Doelwitte van nuwe Beleid

1.  Dit is 'n instrument vir denke en kommunikasie.
2.  Dit moet mense help om beter sinn te maak van die wêreld om hulle.
3.  Dis 'n hulpmiddel om kennis te verwerf.
4.  'n Manier vir mense om hul gevoelens en idees uit te druk.
5.  Om interaksie tussen mense te bevorder.
6.  Skep 'n manier wat leerders hul wêreld kan verander.
7. En laastens skep dit 'n manier om verhoudings op te bou tussen mense.

Die doelwitte van die beleid is dus om leerders op te lei om die taal in praktyk te gebruik, hulself te kan bemagtig en so 'n nuwe wêreld vir hulself te bou.

Tydstoekenning vir 1 week

Afrikaans Huistaal :                              5 ure
Afrikaans Eerste Addisionele Taal:       4 ure