Sondag 02 Junie 2013

Benadering van Taalstrukture en -Konvensies

Die belangrikste ding om te onthou met die aanleer van 'n taal is dat die taal gebruik moet word. Dit geld vir beide HT en EAT. Daarom moet taalleer die kind instaat stel om tekste in konteks te kan skep. Ons fokus  so dikwels net op die taaloefeninge se geisoleerde sinne, maar in werklikheid sal dit die kind meer help as ons die wyse verduidelik waarop sinne gestruktureer is in 'n volledige teks soos 'n storie, brief en opstel, wat die kind lees en skryf. Dit is daarom ook belangrik dat ons taalvorme met funksies verbind, byvoorbeeld beskrywende woorde met 'n beskrywende opstel of die verlede tyd met 'n verslag. Dieselfde geld vir taalstrukture. Dit beteken dat ons as onderwysers moet belê in betekenisvolle aktiwiteite wat die kind help om die taal te leer gebruik. Hiermee sê ek nie dat kinders nie taaloefeninge moet doen nie en ook nie dat ons as onderwysers nie tyd moet bestee aan taal en die onderrig daarvan nie; ek bedoel net dat die onderrig nie moet stop by die taaloefening nie, maar verder gevat moet word.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking